Melior verseker maksimum effektiwiteit in grondgesondheid en gewasvoedingstrategie deur 'n wetenskaplike, data-gedrewe benadering.
Dit is egter moeilik om te weet presies watter produkte en toepassings geskik is vir jou unieke grond- en gewastoestande. Enige onsekerheid kan lei tot onnodige kostes en finansiële druk.
Melior bestaan uit 'n multi-dissiplinêre span adviseurs wat boere in staat stel om die potensiaal van hul oes te optimaliseer deur wetenskaplike, data-gedrewe en praktiese oplossings, seisoen na seisoen.
Akkurate en uitvoerbare insigte direk aan die boer gelewer.
Direkte verskaffer van die regte produkte vir optimale grondgesondheid en opbrengste.
'n Langtermynvennootskap vir optimale oesopbrengste en finansiële winsgewendheid, seisoen na seisoen.
Ons volg 'n wetenskaplik-gebaseerde, data-gedrewe benadering. Ons insigte lewer daadwerklike verbeterings wat jy kan meet en monitor.
Ons gee nie net raad oor die regte oplossings nie, ons bied ook vinnige en maklike toegang tot voedingsprodukte om 'n gesonde en winsgewende oes te kweek.
Die Melior span is 'n multidissiplinêre groep kundiges met uitgebreide ondervinding in landbou, inligtingstegnologie, grond- en gewasvoeding.
Ons beproefde struktuur het alreeds indrukwekkende resultate vir boere met uiteenlopende gewastoestande en grondomstandighede gelewer.
Ons eenvoudige proses stel jou in staat om die beste moontlike resultate te bekom.
Ons doen moeite om jou unieke behoeftes en grondtoestande te verstaan.
Ons werk saam aan 'n strategie wat seisoen na seisoen optimale resultate sal oplewer.
Ons maak aanbevelings en verskaf die toepaslike voedingsprodukte om jou gewasopbrengs te optimaliseer.
Ons stap sáám met jou die pad na optimale opbrengs, seisoen na seisoen.
Skakel onsekerheid oor opbrengsoptimalisering uit met Melior as jou grond- en gewasvoedingvennoot. Kry duidelikheid oor jou strategie en wees verseker van jou resultate